姓名: Onbeskaamd 英文名:- 性别:组合 国籍:美国 出生地:- 语言:- 生日:- 星座:- 身高:- 体重:-
Onbeskaamd is ‘n “worship” projek wat ontkiem het in Stass se hart in 2007 & bestaan uit ‘n span van 7 passievolle asook talentvolle musikante.
Die hart van Onbeskaamd is om God se liggaam op te bou en ‘n nuwe generasie aanbidders op te rig binne en buite die vier mure van die kerk deur middel van musiek. Aanvanklik het Onbeskaamd ‘n spesifieke ouderdomsgroep in gedagte gehad, maar die Here het hulle verras; Van 2 – 90 jaar daag op by die aanbiddingsgeleenthede & hulle het opnuut besef dat ‘n nuwe generasie aanbidders wat oor alle ouderdomsgroepe strek, besig is om op te staan!
Hulle het al 7 albums vrygestel, waarvan die laaste ene - Hartklop van my Stad - in 2013 vrygestel is.